STILBAAI NUUS - Van 'n beskeie begin in 1985 het Kiewiet Eiendomme in Stilbaai gegroei tot 'n gerekende eiendomsagentskap met 'n volledige eenstopdiens.
Om hulle 40ste bestaansjaar te vier, het hulle Vrydag, 28 November 2025, hulle lojale vriende en ondersteuners by hul nuwe kantore in Hoofweg-Wes onthaal.
Pierre Bruwer sê hulle het oor die jare hoofsaaklik met hulle skootrekenaars gewerk, maar toe die stuk grond net bokant die begraafplaas beskikbaar raak, het hulle dit met beide hande aangegryp.
Die perseel is herdoop tot die Stilbaai Sakepark, met die visie om 'n rustige tuin-atmosfeer te skep waar Stilbaai se bokkies en voëls net so welkom is as hul kliënte.
Pierre voeg by dat sodra dit weer begin reën, die tuin in 'n ware lushof omskep sal word, met interessante hoekies en strategies geplaasde tuinbankies.
Die besigheid funksioneer op twee hoofpilare, naamlik verkope en verhuring, maar bied ook instandhoudingsdienste vir leegstaande huise.
Pierre nooi voornemende huiskopers om met 'n geruste hart by hulle aan te klop, aangesien hulle kernwaardes diens, eerlikheid en besigheid met 'n glimlag is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’