STILBAAI NUUS - Dit is alweer tyd vir Stilbaai se immergewilde Christmas in July en vanjaar vind dit Vrydagaand 4 Julie plaas.
Vroegmiddag sal Voortrekkerstraat tussen die sirkel en Keurboomlaan toegemaak word vir voertuie en dan skiet die kos- en ander stalletjies op.
Die pret begin vyfuur en duur tot agtuur sodat inwoners en vakansiegangers genoeg tyd het om deur al die stalletjies te snuffel.
Die hoogtepunt is wanneer kersvader so rondom 19:00, in die sneeu, opdaag met 'n groot sak lekkers vir die kinders by hom.
Kom geniet Christmas in July en ondersteun terselfdertyd die Stilbaai besighede en stalletjiehouers wat hierdie geleentheid moontlik maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’