STILBAAI NUUS - Francois Furstenburg het met die eerste prys weggestap in die kategorie, poësie vir volwassenes met sy gedig "My mythical Karoo".
In hierdie gedig kan jy Francois se hunkering na die Karoo aanvoel en dan wonder jy hoekom hy in Stilbaai afgetree het.
Ruth van Wyk het met haar verhaal "Boy", wat in Stilbaai afspeel, die eerste prys gewen in die kortverhale vir volwassenes kategorie.
In die kategorie poësie en kortverhale vir leerders het Amia Loots met die eerste prys weggestap vir haar gedig, "Visons of Serenity".
Die prysuitdeling het Woensdag 26 Junie by Thyme 2 Relish, in Stilbaai-Oos, plaasgevind.
Paideia-leersentrum moet spesiale vermelding kry vir die aantal onderwysers en leerders wat ingeskryf het en die talle pryse wat hulle verower het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’