HEIDELBERG NUUS - Harde werk word beloon. Karin Pretorius, 'n boorling van Heidelberg en oudste dogter van Elizabeth en wyle Patrick Pretorius, is tot die rang van kaptein bevorder.
Sy is al 25 jaar in diens by Heidelberg-polisiestasie, waar sy ook as reservis haar dienste vrywillig tot die bekamping van misdaad bygedra het.
Sy is ook die eerste plaaslike vrouelid wat tot die rang van kaptein bevorder is.
Sy is egter vir Heidelberg verlore aangesien sy na Grabouw oorgeplaas is waar sy van 1 Januarie 2025 af werksaam sal wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’