HEIDELBERG NUUS - Met die huidige tendens dat vele leerders en veral hoërskoolleerders, nie regtig na skool weet in watter rigting hulle wil beweeg nie, is dit verblydend om te sien dat onderwysowerhede dit goedgedink het om hulle daarop toe te spits om hierdie leemte te vul.
Kairos Senior Sekondêr het Dinsdag 17 Junie hul loopbaanklub van stapel gestuur om sodoende hul leerders beter vir hul loopbaankeuses voor te berei.
Verskeie rolspelers waaronder, afgetrede onderwysers, weermaglede, bewaarders, asook dienende regspersone, plaaslike sakemense, is genader om die skool van hulp te wees en hul vaardighede te deel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’