HEIDELBERG NUUS - Kairos Senior Sekondêre Skool sluit op Vryheidsdag hul weeklange verjaarsdagvieringe af met 'n familie pretdag.
Die vreugdevure brand al sedert Donderdag 18 April met die skool se 30ste verjaarsdagvieringe in die skoolsaal.
Benewens die vieringe in die skoolsaal, was daar ook 'n potjiekoskompetisie op 19 April, 'n uithangdans, asook 'n sportdag verlede Saterdag wat met 'n dankseggingsdiens die Sondag 21 April afgesluit was.
Die verwagtinge is groot dat die skool se spogsepiesterre, waaronder Christo Davids, Maurice Paige en Theodore Jantjies, hul verskyning tydens die familiedagvieringe sal maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’