HEIDELBERG NUUS - Die matrikulante van Kairos Senior Sekondêr het gistermiddag, Maandag 21 Oktober, heel gemoedelik voorgekom toe hulle vir die Afrikaans-vraestel by die eksamenlokaal opgedaag het.
Hul eindeksamen het gisteroggend begin met die afhandeling van die Engels-vraestel.
Tydens Suid-Kaap Forum se besoek net vóór die aflê van die Afrikaans-vraestel, het 'n paar van die 78 matrikulante aangedui dat die Engels-vraestel die oggend baie goed afgeloop het.
Buite die eksamenlokaal het 'n kalm atmosfeer geheers en dit was duidelik dat vanjaar se matrieks vasberade is om die klas van 2004 se slaagsyfer van 100% te herhaal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’