HEIDELBERG NUUS - Die langverwagte einde van hul skoolloopbaan het Maandag 25 November uiteindelik aangebreek vir die matriekklas van Kairos Senior Sekondêr in Heidleberg met die afhandeling van die laaste eksamenvraestel vir 2024.
Die 78 matrikulante van Kairos het, soos duisende ander leeerders landwyd, hul Afrikaans Hoër tweede vraestel geskryf.
Hulle is na afhandeling van die eksamen kortliks deur hul prinsipaal, Thysie Februarie, asook hul toesighouers toegespreek is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’