HEIDELBERS NUUS - 'n Groep leerders van Kairos Senior Sekondêr het vroeër vandeesweek met die sluiting van die eerste kwartaal na Kwazulu-Natal vertrek om aan 'n 5-dae Christelike kamp deel te neem.
Die groep van 17 leerders is verbonde aan die skool se Verenigde Christelike Studente Vereniging (VCSV) onder leiding van twee opvoerders, Vanessa Francis en Veronica Meyers. Saam met hul ondersteuningspan sal hulle vanaf 21 tot 25 Maart die nasionale Christelike kamp by Winkelspruit in Kingsburgh, KwaZulu-Natal, bywoon.
Tydens dié kamp word die leerders aan vele Christelike waardes blootgestel waaronder bybelstudie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’