HEIDELBERG NUUS - Aslin Manho, ’n gr. 11-leerder aan Kairos Senior Sekondêr, het die trotse prestasie behaal om ingesluit te word in die SWD o. 18-meisiesrugbyspan wat van 30 Junie tot 5 Julie in Johannesburg aan die SA Jeugweek deelneem.
Aslin, wat haarself as ’n talentvolle heelagter onderskei, word wyd beskou as ’n belowende speler met besondere aanvallende vermoë.
Sy geniet haar rol as laaste linie in die verdediging en skitter met selfvertroue en spoed op die veld.
Dianne Hartnick, ’n voormalige SWD-speler en tans die voorspelerafrigter van die o. 18-span se ervaring en leiding dien as waardevolle steun vir die jongspan, en haar betrokkenheid as afrigter is ’n inspirasie vir spelers soos Aslin.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’