STILBAAI NUUS - Soms is mens gelukkig en jy kom in die pad van 'n klompie mooi kabeljoue en bonnito.
Dit is presies wat gebeur het Sondag die negende Februarie toe Hanlo Barnard van True Blue Charters 'n paar manne uitgevat het met sy boot.
Terug in die hawe het hulle gespog met 'n 11,1 kilogram kabeljou en 'n tamaai bonnito van 3,75 kilogram tussen hulle goeie vangs.
In die hawe was dit natuurlik 'n joligheid, want almal wou sien wat alles van daardie boot afgelaai word en die seevoëls het fees gevier met al die binnegoed wat tussen hulle beland het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’