Update
HEIDELBERG NUUS - 'n Jongman is agter tralies nadat hy na bewering 'n minderjarige meisie verkrag het. Dié voorval het glo Saterdagoggend, 28 Januarie, tussen 02:00 en 05:00 op 'n oop stuk veld in die Oos-Dorp plaasgevind.
Volgens sers. Imorgene Hendricks, plaaslike mediabeampte, was die 14-jarige meisie, wat op 'n nabygeleë plaas bly, op pad na haar huis toe die jongman haar glo agter-volg, beetgekry en na bewering verkrag het.
Hy het Maandag 30 Januarie vlugtig in die landdroshof verskyn. Die saak is vir verdere ondersoek tot Maandag 6 Februarie uitgestel.
Intussen gons dit in die dorp waarom die minderjarige meisie nog so laat alleen was. Volgens bronne bekend met die familie, was die meisie saam met 'n ouer suster en hul ma by 'n kroeg en het die ma en suster sonder haar die drinkplek verlaat.
Sers. Hendricks het 'n ernstige pleidooi gerig aan alle ouers om strenger met hul kinders, veral minderjariges te wees.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'