STILBAAI NUUS - Kranige voëlkykers en inwoners van Jongensfontein het 'n sementtafel en bankies opgerig by die damme in die Jongensfontein Natuurreservaat.
Hier kan voëlkykers rustig sit met 'n piekniekmandjie en verkyker of kamera om voëls waar te neem en terselfdertyd bied die uitsig oor die see ook die geleentheid om walvisse te kyk .
'n Paar van die voëls wat die afgelope paar weke daar waargeneem is, is die gewone nagreier, groot flamink, Kaapse slopeend, kuifkopvisvanger en 'n waterdikkop.
Vir meer inligting oor die voëls en voëlkyk in die reservaat kan 'n whatsapp gestuur word aan Gerald Gaigher by 083 306 3266.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’