MELKHOUTFONTEIN NUUS - 'n Vrou in haar vroeë dertigerjare en haar jong dogtertjie van Melkhoutfontein is gister, 14 Februarie vermoor.
Die oorledene se man, 'n plaaslike onderwyser het blykbaar met sy aankoms by die huis gistermiddag na skool, die huis gesluit gevind.
Hy het glo sy seuntjie gevra om deur 'n oop venster te klim, waarna die kind op sy ma en sussie se bebloede liggame afgekom het.
'n Jong man is na wat verneem word, vandag in verband met die moorde in hegtenis geneem.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'