STILBAAI NUUS - Johnny se vrou, Liezel, het in 'n vraesessie sekere vrae aan hom gestel waarmee hulle uittreksels uit sy grootwordjare met die gaste gedeel het tydens Busy Lizzy se afsluitingsgeleentheid Dinsdag 19 November by die Gereformeerde Kerk.
Hy is weggegooi as 'n baba nadat sy ma driemaal probeer het om hom te vermoor, waarna hy by sy ouma as 'n slaaf gebly het en met 'n sweep geslaan is.
Boytjie het egter ontsnap en by familie beland wat hy as engele beskou.
Die boek was vir hom genesing, maar ook 'n bewys aan ander dat dit moontlik is om iets van jou lewe te maak en dat daar hoop is.
Sy sukses dra hy op aan die Here vir wie hy sy lewe gegee het as 'n kind.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’