GEORGE NUUS - Tydens die Eden Sportraad se jaarlikse Toekenningsaand gisteraand is Johan Victor van Suid-Kaap Forum as Sportjoernalis van die Jaar bekroon.
Hy is saam met Louise Mouton, voormalige joernalis van Suid-Kaap Forum, as een van die twee finaliste benoem.
Benewens Victor se benoeming is Sasha-Lee Amsterdam, SA Blackball-potspelspeler, Oakdale se 560 kg-toutrekspan, asook wyle Richard Roberts, ontslape losskakel van die destydse Young Stars Rugbyklub en SWD, van die Hessequa-streek benoem.
Laasgenoemde se weduwee, Cynthia Roberts, het haar man se eretoekenning in ontvangs geneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’