KWANOKUTHULA - In die gees van Jeugdag, Maandag 16 Junie, het Lede in Christus Jeug van Riversdal hul harte en hande oopgemaak deur potte warm sop aan Becca's-sopkombuis te skenk.
Die geliefde gemeenskapsprojek, Becca's-sopkombuis, is verras met die jeug se bydrae en kon daarmee verskeie honger magies voed.
Die inisiatief vorm deel van die jeuggroep se projek, getiteld Ons Gee Om, wat daarop gemik is om ondersteuning aan diegene in nood te bied.
Die sop-uitreiking het in Kwanokuthula plaasgevind, waar inwoners dankbaar die warm maaltye ontvang het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’