HEIDELBERG NUUS - ’n Groep minderjariges het Vrydagaand 15 Maart ’n enkelma se tweevertrek huis in Joe Slovo Park, Heidelberg beskadig deur al die vensters met klippe en stokke stukkend te gooi.
Die plaaslike polisie het Saterdagoggend nege jeudiges, tussen die ouderdomme van 14 tot 17 jaar in hegtenis geneem, waaronder drie meisies.
Twee seuns is na ondervraging vrygelaat. Die meisies en vier seuns het Maandagoggend op aanklag van saakbeskadiging en ander aanklagte in die plaaslike landdroshof verskyn.
Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel. Die meisies is glo in ’n plek van veiligheid in Kaapstad tot hul volgende hofverskyning geplaas.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'