STILBAAI NUUS - Moet niks beplan vir Saterdag 5 Julie nie, want dan moet jy by Jagersbosch se gewilde basaar wees.
Daar gaan ontbyt, pannekoek, hoenderburgers, pasteie, kerrie en rys, vetkoek, quiche, viskoekies en 'n koffiestasie wees - en dit is net die kos.
Daar is nog 'n vleistafel, poedingtafel, gebaktafel, plante tafel, vars plaasprodukte, boeke, die Kwikkies en Die Sinkhuis tafel.
Om dit alles moontlik te maak het Jagersbosch die gemeenskap se hulp nodig, daarom is daar by Spar, OK Foods en Gatti's trollies met 'n lys van benodigdhede wat geskenk kan word.
Vla, kakao, asyn, eiers, appelkooskonfyt, koekmeel, olie, suiker, bakpoeier, jellie, kitspoeding, klapper, mayonnaise, langlewe melk, versiersuiker, rys, blatjang, tamatiesous en tennisbeskuitjies kan ook by Die Waenhuis by Jagersbosch se kombuis afgelaai word.
Die staat bly sny aan Jagersbosch se subsidie en daarom is die basaar 'n noodsaaklike bron van inkomste om hulle goeie werk te kan voortsit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’