STILBAAI NUUS - Die basaarpoeding, koeke en vleis het behoorlik gevlieg met angstige kopers wat vroeg ingestroom het omdat hulle bang was dat hulle nie sou kry nie.
Jagersbosch Gemeenskapdienssentrum het Saterdag 29 Junie hulle jaarlikse basaar in die Stilbaai Gemeenskalsaal gehad en dit was behoorlik 'n miernes van bedrywighede.
Die basaarpoeding was al teen halftien alles uitverkoop met die kerrie en rys kort op hulle hakke.
Dit was weereens 'n reuse sukses en een en almal wat gehelp en bygedra het kan hulleself op die skouer klop.
Die lekker samesyn was natuurlik net so lekker en oral het mense gelag en gesels.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’