HEIDELBERG NUUS - Binne enkele maande het Heidelberg nog 'n groot seder aan die dood afgestaan.
Jaftha Sylvester (79), voormalige polisiereservis, het Sondag 14 Januarie sy stryd na 'n siekbed van vier maande verloor terwyl hy mediese behandeling voor sy woning, in die ambulans ontvang het.
Volgens sy vrou, Sophia, is hy al maande gelede deur die hospitaal meegedeel dat sy longe platgeval het. Hy was 'n strawwe roker.
Jaffie, soos hy alombekend was, het vir nagenoeg 25 jaar die gemeenskap as reservis gedien en was ook vir 'n goeie paar jaar 'n trotse skoonmaker by die plaaslike landdroskantoor.
Benewens sy vrou laat hy sewe kinders, 15 kleinkinders en 16 agterkleinkinders agter.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’