STILBAAI NUUS - 'n Gedugte ma en seun kombinasie van Stilbaai en Jongensfontein het Maandag die 20ste Januarie gemaai onder die kabeljoue.
Die 83-jarige Jackie Barnard het saam met haar seun, Hanlo Barnard van True Blue Charters, uitgegaan met die hoop om darem 'n ou vissie vir die pan te vang.
Groot was die opgewondenheid toe Jackie terugkom hawe toe met twee kabeljoue van om en by 10 kilogram elk.
Twee mans moes die visse vashou vir die foto met hierdie woelwater ouma.
Hanlo sê hy is bitter trots op sy ma en dit was lekker om saam met haar op die see te wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’