Update Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - 'n Motoris se poging om van verkeersbeamptes te ontsnap het Dinsdagoggend, 28 Julie tot 'n ernstige ongeluk op die N2 buite Heidelberg gelei.
Volgens ao Alroy Windvogel, kommunikasiebeampte van Heidelberg-polisie het ander padgebruikers gekla oor 'n persoon wat van Kaapstad se kant af op die N2 op pad is, wat na bewering onverskillig gery en motors verbygesteek het waar dit nie veilig was nie.
Toe die provinsiale beamptes die motoris probeer aftrek, het sy vet gegee in plaas van stilgehou en probeer wegjaag.
Die beamptes het vir hulp uit Heidelberg gevra om haar van daardie kant af voor te keer. "Sy het egter net voor ons naby die voertuig was, beheer oor die motor verloor en teen die padrelings vasgejaag," sê Windvogel. Die motor het aan die brand geslaan. Volgens Maria Streicher, kommunikasiebeampte Wes-Kaap gesondheidsdepartement is die bestuurder met veelvuldige beserings en in 'n kritieke toestand by Riversdal-hospitaal gestabiliseer, waarna sy na George-hospitaal oorgeplaas is.
Kyk 'n verskafde video hieronder:
Vorige artikel: Jaagtog op N2 eindig sleg
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'