Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - ‘n Motoris wat provinsiale verkeersbeamptes probeer ontglip het, was vanoggend net na 07:30 in ‘n ernstige ongeluk op die N2 naby Heidelberg betrokke.
Volgens ao Alroy Windvogel (kommunikasiebeampte Heidelberg-polisie) het sy in haar poging om weg te jaag teen die kantrelings vasgery en die motor het aan die brand geslaan.
Die bestuurder is in ‘n kritieke toestand na Riversdal-hospitaal vervoer.
Kyk 'n verskafde video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'