HEIDELBERG NUUSFLITS - Inwoners van Huis Zenobia du Toit het Woensdag 27 September saam met die speelskool, ACVV Hansie en Grietjie ‘n oggend vol pret gehad.
Die bestuurder, Heidi de Jager het die uitnodiging aan die speelgroep gerig ter vroeë viering van Internasionale Dag vir Ouer Persone op 1 Oktober.
Aangesien die datum op ‘n Sondag geval het en die kleuterskool dan gesluit is, het De Jager dit goedgedink om die spesiale geleentheid vroeër in die week te vier.
Die eetgoed het ook nie agtergebly nie. Heerlike koek, lekkers, koeldrank vir die kinders en ‘n koppie tee vir die inwoners was bedien
Lees meer in volgende week se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'