Update Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die werkers en inwoners by die plantasie by Garciapas word met taxi’s na Riversdal stadion by die Steg aangery.
Die bewoners was vroeër vanmiddag aangesê om hul nodigste besittings te pak omdat die rook oorweldigend is.
Ongeveer 200 bewoners moet ontruim.
Indien die stadion nie voldoende is nie, sal die res na Riverville stadion geneem word.
Uitvoerende burgemeester Grant Riddles en die speaker, Andrew Stroebel vra vir skenkings soos komberse, kos, toiletpapier, koeldrank en ander benodigdhede om die mense te help.
“Skenkings kan na die rugbyklub gebring word. Baie dankie vir diegene wat reeds gehelp het. “
Kyk video's hieronder.
Mense en diere word by die stadion gehuisves.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'