STILBAAI NUUS - Die Soetfontein Seniorklub het Saterdag 19 Augustus in samewerking met die By Jesus se Voete Bediening ‘n onvergeetlike Vrouemaandgeleentheid gehou vir die dames van Huis Soeterus in Melkhoutfontein.
Die vroue is toegespreek en bemoedig deur Rachel Wall, voorsitter van Stilbaai-sakekamer, sers. Chrissie Lewaks van die Stilbaai-polisie en Chantel Swanepoel.
Daar is baie gesing en gelag en die dag is afgesluit met heerlike vingerhappies.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’