HEIDELBERG NUUS - Hoërskool Heidelberg het Vrydag 23 Januarie hul jaarlikse kleuresport gehou.
Die byeenkoms, wat een van die vele spoggeleenthede op die skool se jaarlikse program is, is voorafgegaan met die kleurvolle optog van die twee kompeterende spanne.
Die Blouspan en Rooispan het albei hul temas vir die geleentheid met groot volharding en entoesiasme uitgebeeld en hul krete uit volle bors gesing.
Tydens die optog het die gees onder die deelnemers en hul verskeie ondersteuners wat ouers, oudleerders asook net naburige inwoners insluit, baie hoog geheers.
Die energie en spangees was regtig iets spesiaal om te aanskou en te beleef.
Die verrigtinge is in styl afgeskop met die skoolhoof en kaptein van die skip, Jacques Nell, Estelle Carlitz en Hansie Saayman wat ’n glasie geklink het met die amptelike opening van die dag se verrigtinge.
Die Blouspan het die puntebeker verower, terwyl die Rooispan met groot trots die geesbeker opgeraap het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’