STILBAAI NUUS - Die Da Gamaskop Gesinsgeweld en Kinderbeskermingseenheid ondersoek 'n saak van seksuele aanranding na 'n beweerde voorval Saterdag 9 Augustus in 'n supermark in Stilbaai. Die slagoffer is 'n 12-jarige skoolmeisie.
Volgens sersant Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is 'n 30-jarige man na die voorval in hegtenis geneem en hy het reeds sy eerste hofverskyning Maandag 11 Augustus in Riversdal gehad.
Hy bly in aanhouding totdat 'n formele borgtogaansoek aangehoor word.
Volgens gemeenskapslede het die man selfoonfoto's onder die meisie se rok geneem terwyl hy agter haar in die ry gestaan het.
Die voorval wys net weer hoe weerloos vroue en kinders is en almal moet te alle tye waaksaam wees en nie goedsmoeds vertrou nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’