STILBAAI NUUS - As 'n gemeenskap moet daar nou hande gevat word om die Goukourivier te beskerm.
Die Goukou is nog een van die min onbesoedelde riviere in Suid-Afrika, maar die gemeenskap sal dit so moet hou.
As jy erns het daarmee sal jy vandag Vrydag 3 Mei om 11:00 by Die Brugmark wees om die Red Goukourivier aksie mee te maak.
Vandag beoog die organiseerders om aan die Oostekant gemors, meestal plastiek, van die oewer van die Goukou te verwyder.
Kom gee jou uur of twee en help om die Goukou mooi en skoon te hou.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’