Die besluit spruit direk uit Carina van Nierop (19) se familie se bewusmaking rond-om orgaanskenking.
Carina wag tans vir 'n dringende hart-dubbel-long oorplanting en is reeds vir 'n paar maande in die Bayview hospitaal in Mosselbaai. Sy is in 2010 met Mediastinale fibrose en Pulmonale Hopertensie gediagnoseer as gevolg van afsluiting van die are. Hoewel sy tans nommer een is op die oorplantingswaglys, is haar prognose baie swak. Carina se suster, Petru is lid van die
eerste hokkiespan en het sy voorbrand gemaak by haar spanmaats rakende orgaanskenking. Met die goeie ondersteuning van die skool is daar reeds ongeveer 200 ouers en leerders van Hoërskool Langenhoven wat binne twee weke ingeskryf het om orgaanskenkers te word. Daar is tans 4300 mense wat op die orgaanskenkingswaglys is.
Daar is orgaanskenking hempies oorhandig aan Langenhoven se eerste hokkiespan. Die Dasse het weer op hul beurt hempies oorhandig aan die eerste hokkiespan van Hoërskool Swellendam om sodoende die belangrike boodskap by hulle tuis te bring en hul terselfdertyd uitgedaag om ook in te skryf om as orgaanskenkers te registreer.

Hoërskool Langenhoven se eerste hokkiespan het almal geregistreer as orgaanskenkers.