HEIDELBERG NUUS - Hoërskool Heidelberg gaan in Augustus 'n besondere mylpaal vier wanneer hy sy 120ste bestaansjaar herdenk.
Verskeie feesvieringe word van Vrydag 23 Augustus tot Sondag 25 Augustus beplan met verskeie bekende kunstenaars wat gaan optree.
Op die 23ste word daar om 18:00 'n sop en samesyn-aand by Hoërskool Heidelberg aangebied waar die kunstenaar Chris Steyn ook gaan optree.
Op Saterdag 24 Augustus is daar 'n gholfdag op die plaaslike baan gereël en om 10:00 sal die akteur Frank Opperman by Hoërskool Heidelberg mense vermaak. Om 18:00 tree 'n oudinwoner Niël Rademan by die gholfklub op met stories uit toeka.
Op Sondag 25 Augustus word die feesvieringe afgesluit met 'n kerkdiens deur ds. Jaco van Dyk in die NG Kerk Heidelberg waar die befaamde orrelis Zorada Temmingh ook gaan optree.
Vir navrae en kaartjies bel vir Anne-Marié by 082 441 4983.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’