RIVERSDAL NUUS - Skeppende kuns modelle het aan onderskeidelik Rudolph van Dyk en Philip Kleynhans goue toekennings besorg. Die oorhandiging is tydens die gala-geleentheid van die Eden- en Sentraal Karoo-distrik op 20 Junie by die George-museum gedoen.
Dit is deel van die Wes-Kaap onderwysdepartement se 2018 Visuele Kunste-viering.
Die hoogtepunt van die viering is die provinsiale uitstalling van hierdie twee werke saam met die ander goudwenners op 15 September by die PJ Olivier-kunssentrum op Stellenbosch.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'