HESSEQUA NUUS - Vir diegene van ons wat met een oog op die wolke en nog een op die reënmeter leef, is die bekende tregtervormige beker dié maatstaf.
Min mense weet hoe 'n reënmeter werk.
Op die Reënval in SA Facebook-blad verduidelik iemand soos volg (ietwat tong-in-die-kies): '1 mm reën is 1 liter water op 1 vierkante meter; 25 mm op 1 000 vk meter erf is 25 ton water, op 1 ha is dit 250 ton water. '
As jy 'n 1 000 ha plaas het en jy kry 80 mm reën is dit 800 ton water x 1 000 ha. Dit is 800 000 ton water. '
As jy nou 'n 10 ton-watertrok vat en jy ry 10 vragte elke dag van die jaar sal dit 800 000/10/10/365 dae wees. Dit sal 21,9 jaar vat om dit aan te ry.'
Die meter moet verkieslik 'n ent van 'n gebou of bome af en met die bokant van die tregter sowat 40 cm bo grondvlak aangebring word om 'n korrekte lesing te gee.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'