Gallery
RIVERSDAL NUUSFLITS - Die gebruiklike N2-verwelkomingsprojek is Vrydag 15 Desember net buite die dorp aangebied.
Die boodskap wat Hessequa-beskermingsdienste tydens die verwelkomingsprojek wil oordra, is dat lewens belangriker is as nalatigheid of onnodige roekeloosheid.
Die hoof van beskermingsdienste, Adneshel Voss noem dat oortredings tydens die feesseisoen baie ernstig opgeneem word en roekelose en nalatige bestuurders sal nie geduld word nie.
Die grootste gevaar tans is bestuurders se gebruik van selfone.
"Die tik van 'n boodskap of whatsapp terwyl jy bestuur, kan tot lewensverlies lei.
"Plaas jou en ander motoriste se veiligheid eerste en verseker te alle tye dat veiligheidsgordels vas is, veral passasiers op die agterste sitplekke."
In enige lewensbedreigende situasie binne die Hessequa-streek, soos 'n huisbrand of motorongeluk, skakel die noodnommer 028 713 22 22.
Dit word 24 uur beman en die nodige nooddienste sal ontbied word.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'