HESSEQUA NUUS - Plaaslike subkontrakteurs word genooi om hulle besonderhede in te dien vir toekomstige geleenthede.
Indien jy betrokke is by elektriese werk, konstruksie, loodgieterswerk, houtwerk, verf, siviele werke, of enige ander ambag wil Hessequa-munisipaliteit jou op hulle kontrakteursdatabasis plaas.
Stuur 'n epos met jou besigheidsnaam en kontakbesonderhede, waarin jy ook aandui of jy geregistreer is op die CSD (Central Supplier Database) en/of die CIBD (Construction Industry Development Board) en die tipe kontrakteurswerk waarin jy spesialiseer na wade@hessequa.gov.za.
Vir enige navrae skakel 028 713 7829 gedurende kantoorure.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’