STILBAAI NUUS - Die amptenare van die Hessequa-munisipaliteit sluimer of slaap nie.
Met die Suid-Kaap Forum se besoek aan die braaiplekke by Morrispunt in Stilbaai, douvoordag Donderdagoggend, 1 Januarie, was die munisipaliteit se reinigingsafdeling reeds hard aan die werk. Hulle het nie net die vullisdromme leeggemaak nie, maar ook hope bottels en rommel ná Oujaarsaand se feesvieringe op die strand verwyder.
Terwyl die laaste groepies feesgangers nog van 2025 afskeid geneem het, het hierdie manne en vroue die braaiplekke en omliggende gebied betyds gereed gekry vir die Nuwejaarsfeesvieringe.
'n Groot dankie aan Grant Riddles, burgemeester, en sy raad, asook die munisipale bestuurder, Albert de Klerk, en sy amptenare vir alles wat hulle in Stilbaai en die hele Hessequa doen om dit vir vakansiegangers én inwoners so aangenaam moontlik te maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’