HESSEQUA NUUS - Landbouers in die Hessequa-gebied sal nie meer water van die munisipaliteit vir landboudoeleindes kan koop nie.
Die besluit volg nadat damvlakke tot krities lae vlakke gesak het.
Hoewel landbouers steeds water vir huishoudelike gebruik kan verkry, is streng beperkings ingestel.
Slegs 6 000 liter per maand per gesin sal toegestaan word, en dit is slegs vir menslike gebruik.
Belangstellendes moet skriftelik aansoek doen by die munisipaliteit via [email protected].
Aansoeke moet ten minste 24 uur voor die beoogde aankoop ingedien word, sodat die goedkeuringsbrief saamgeneem kan word na die kassiere.
Die munisipaliteit het inwoners gevra om water spaarsaam te gebruik en die nuwe reëls streng na te kom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’