HESSEQUA NUUS - Die plaaslike polisie benodig dringend inligting vanaf inwoners van dié dorp nadat daar by die plaaslike River Valley Senior Burger-klubhuis in Onderrivier ingebreek was.
Volgens sers. Imorgene Hendricks, plaaslike polisiewoordvoerder, sê hulle vermoed daar is tussen Woensdag 14 en Dinsdag 20 Junie by die klubhuis ingebreek en is verskeie items gesteel.
Onder die gesteelde items is twee gesogte trofeë, twee 5 kg-pakke hoender, twee pakke wors asook ander kruideniersware met 'n geraamde waarde van bykans R3 500.
Enigiemand met inligting oor die inbraak, wat tot die arrestasie en skuldigbevinding van die inbreker kan lei, word versoek om met Hendricks by 079 893 9930 of ao. Reon Grundlingh, die ondersoekbeampte, óf die dienssentrum by 028 722 8201/2 te skakel.
Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’