STILBAAI NUUS - Heelwat seeskilpadjies beland op die rotse of die strand tussen Maart en Junie.
Dit is die tyd wat hulle gebore word en is uiters kwesbaar.
In Stilbaai waai die heersende wind van die see na die land en daarom spoel hulle taamlik gereeld aan hierdie kus uit.
Talitha Noble van die Twee Oseane Opleidingstigting sê dat mens hulle nooit net moet terugsit in die water nie.
Hou hulle eerder droog en kontak onmiddellik vir Cape Nature of alternatiewelik die NSRI op hulle noodnommer 082 990 5978.
Hulle het spesiale houers waarin die seeskilpadjies dan na die Twee Oseane Akwarium geneem word totdat hulle teruggesit word in die see.
Daar is ook 'n noodnommer spesifiek vir seeskilpadjies en dit is 083 300 1663.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’