HEIDELBERG NUUS – Honderde begrafnisgangers het Saterdag van heinde en ver gekom om hul laaste eer aan sers. Ruben Lotz te betoon.
Lotz het op Saterdag, 25 Oktober, sy stryd om te lewe verloor ná 44 dae in die waakeenheid by Life Bay View-hospitaal.
Die geregsdienaar is tydens ’n hartroerende kerkdiens in die JF Neumann Memorial Congregational Kerk na sy laaste rusplek geneem, met volle polisiebegeleiding.
Kapt. Rosetta Bhana het die familie tydens die kerkdiens met 1 Korintiërs 11:23 bemoedig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’