HEIDELBERG NUUS - Heidelberg Rugbyklub het Saterdag wel sy derde agtereenvolgende wedstryd gewen, maar dié keer net-net met 29-27 deurgeskuur.
Dit, nadat hulle met 17-14 teen die tuis soldatespan van Harlequins in hul SWDRU Superliga A wedstryd, agtergeloop het.
Die wedstryd was voor- en agterlangs kliphard gespeel, dog, het dit by tye goeie hardlooprugby opgedis, en het beide spanne vier drieë aangeteken.
In die eerste wedstryd van die dag het Heibi se derdespan met 26-13 koning gekraai nadat hulle rustyd met die telling 12-3 in hulle guns gedraai het.
In die wedstryd van die tweedespanne, het die soldate die bordjies verhang en met 23-12 gewen, nadat hulle met 6-5 rustyd voorgeloop het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’