HEIDELBERG NUUS - Heidelberg Rugbyklub, oftewel Heibi soos hulle alombekend is, het gister die nuwe seisoen in hul tuiswedstryd teen All Blacks van Oudtshoorn met ’n oorwinning van 43 - 20 afgeskop.
Dit nadat hulle teen rustyd met 15 - 10 in hul SWDRU Superliga A-wedstryd voorgeloop het.
Die tuisspan het sewe keer agter die doellyn gaan kuier, teenoor die besoekers se twee keer.
Die tuisspan se B- en C-spanne het ook hul wedstryde onderskeidelik met 36 - 5 en 10 - 5 gewen, nadat die rustydtellings 14 - 0 en 5 - 0 in hul guns was.
Heibi speel volgende Saterdag weg teen Riversdal Blues, waar ’n opwindende, maar taai wedstryd verwag kan word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’