HESSEQUA NUUS - Die kattegemaai - ‘n natuurlike verskynsel in Augustus - lei tot onmenslikheid en dieremishandeling.
Kattehaters in dié streek vergiftig en skiet katte!
Suid-Kaap Forum beskik oor stemnotas waarin inwoners van die streek dreig om katte te vergiftig en/of ‘n “loodpil” te voer.
In die ryksmanbuurt Aalwynfleur in Riversdal het ‘n gesiene kieriepilaar van die gemeenskap op haar buurtgroep, kort voor ‘n vloekwoord, gedreig om ‘n kat wat haar glo al “drie jaar moelikheid gee” gif in te gee.
Ver, ónder die treinspoor, tussen Lang- en Kerkstraat, in die buurt Paddavlei, spog ‘n ploeteraar hoe hy en sy buurman, ‘n gerespekteerde sakeman, pas “vier katte vrekgeskiet” het.
In Heidelberg is daar ook ‘n katmoordenaar. Suid-Kaap Forum het X-straalplate, deur ‘n veearts verskaf, wat wys waar die windbukskoeël die katte getref het. Een van die katte se spiere en senuwees is té erg beskadig en kon nie gered word nie.
Die identiteit van al die dieremishandelaars is aan Suid-Kaap Forum bekend.
Van die sosiale stemnota’s is intussen verwyder, want dit op sigself, is inkriminerend en kan tot strafregtelike gevolge lei.
Suid-Kaap Forum stel ondersoek in en sal in die uitgawe van 30 Augustus volledig verslag doen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’