Update
STILBAAI NUUS - Beverley Lombard (65) is op Donderdag, 5 Augustus dood op haar badkamervloer aangetref deur mense wat by haar gehuur het.
Die oorledene was die eienaar van Kalbassie-gastehuis in Stilbaai, maar sy het in die laaste tyd meer permanente huurders gehad. Dit was juis hulle wat haar in die badkamer gevind het.
Sy het blykbaar 'n massiewe hartaanval gehad.
Beverley het in haar jonger dae as balletdanser by verskeie van die ou kunsterade gedans.
Haar man, Paul is 'n paar jaar gelede oorlede. Hy was die eerste bestuurder van die ou Blombos Apteek in Stilbaai.
"Beverley was baie geliefd en het 'n legendariese sin vir humor gehad. Sy sal verseker gemis word," het 'n vriendin, Irma Huysamen gesê.
Sy word deur haar suster, Natalie en Paul se drie volwasse kinders, 'n dogter en twee seuns oorleef.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'