STILBAAI NUUS - Joshua Curtin, 'n skoolseun van Stilbaai, het Sondagoggend 2 Maart gaan lyn natmaak by Lappiesbaai toe hy veel meer as waarop hy gehoop het aan die hoek kry.
'n Skeurtandhaai, wat langer is as hy, het hom hard laat spook, maar hy kon uiteindelik daarin slaag om die haai aan wal te bring.
Volgens Wikipedia is die skeurtand 'n bodembewoner en gewoonlik nie gevaarlik nie en kan tot 3,2 meter lank word met 'n gewig van 290 kilogram.
Joshua is natuurlik bitter trots op hierdie vangs.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’