Update
HESSEQUA NUUS - 'n Saak van strafbare manslag is na 'n noodlottige ongeluk op die N2 tussen Albertinia en Riversdal geopen.
Die ongeluk wat op Donderdagaand, 13 Augustus omstreeks 21:00 gebeur het, het die lewe van 'n 41-jarige inwoner van Riversdal geëis.
Volgens ao Tia Rural van Albertinia-polisie wou hy 'n vragmotor naby Soutpan verbysteek. Sy rooi Hyundai het egter trompop met 'n aankomende vragmotor gebots en die geweld van die botsing het die motor tot teen die eerste vragmotor teruggeslinger. Die man is op die toneel dood. Hy was 'n Somaliese burger wat 'n besigheid op Riversdal bedryf het.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'