HESSEQUA NUUS - Die bestuurder van ‘n rooi Hyundai is gisteraand, 13 Augustus op die toneel dood toe hy tromp op met ‘n vragmotor gebots het.
Die voorval het op die N2 tussen Albertinia en Riversdal, naby Soutpan omstreeks 21:00 gebeur.
Volgens kapt Susan Botha, stasiebevelvoerder, het die bestuurder blykbaar ‘n vragmotor verbygesteek toe hy reg van voor met die vragmotor bots.
Die motor is teruggeslinger teen die ander vragmotor wat hy wou verbysteek.
Die pad was vanoggend lank gesluit sodat die vragmotors verwyder kon word, maar na wat verneem word is dit weer oopgestel.
Die oorledene was van Riversdal.
Niemand anders is blykbaar beseer nie.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'