Update
HEIDELBERG NUUS - 'n Gru-ongeluk op die N2 net buite Heidelberg het Maandagoggend net vóór 08:00 die lewe van een persoon geëis terwyl vier ander, waaronder 'n ambulans-asssitent, verskeie beserings opgedoen en hospitaal toe geneem is.
Dit wil voorkom asof die oorledene, wat alleen in die wit Nissan NP200-bakkie was, beheer oor die voertuig verloor en teen die ambulans in die regterbaan vasgery het waarop 'n Honda Civic-passasiersvoertuig van agter in die Nissan-bakkie vasgejaag het.
Al drie voertuie was in die rigting na Riversdal onderweg.
Die drie insittendes van die Honda is per ambulans na die hospitaal in Riversdal geneem, terwyl die ambulans-assistent per lugambulans na George-hospitaal geneem is.
Die N2 het soos 'n oorlogsone gelyk met die polisie, verkeer en ander nooddienste op die toneel.
Die pad is afgesper en net een baan was oop vir die druk verkeer in beide rigtings.
Reddingswerkers besig om die ongelukstoneel, waarin een person dood is, op die N2 net buite Heidelberg op te ruim.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'