Update
WES-KAAP NUUS - Die grootste deel van die 2020-landboubegroting vir die Wes-Kaap word aan die ondersteuning en ontwikkeling van landbouers toegewys.
Dr. Ivan Meyer, provinsiale minister van landbou, het Donderdag 19 Maart die begroting van R970 556 miljoen aan die provinsiale regering voorgelê.
Die begroting lyk so:
- Landbouer-ondersteuning en ontwikkeling R293 681 miljoen;
- Navorsing en tegnologie R161 160 miljoen;
- Volhoubare hulpbronbestuur R130 621 miljoen;
- Veeartsenykundige dienste R108 228 miljoen;
- Gestruktureerde landbou-onderrig en opleiding R62 466 miljoen;
- Landbou-ekonomiese dienste R43 562 miljoen;
- Landelike ontwikkeling R30 268 miljoen.
Die belangrikste projekte wat vir dié boekjaar beplan word, sluit in:
- R20 miljoen vir die oprigting van drie koelkamers vir swart kommersiële boere in die Overbergdistrik;
- R10 miljoen vir die ontwikkeling van toegang tot markte deur biotegnologie en die skep van meer vrugte-uitvoergeleenthede na Afrika;
- R49,5 miljoen vir droogtehulp-ingryping. Dit sluit nie die R25 miljoen wat pas vir droogtehulp in die Sentraal-Karoo en Tuinroetedistrikte aangekondig is, in nie.
- 'n Eenmalige bedrag van R20 miljoen vir die verhoging van die walle van Brandvleidam se kanale.
In reaksie het Jannie Strydom, Agri Wes-Kaap se uitvoerende hoof gesê hy is tevrede met die rigting waarin die minister die nuwe finansiële jaar wil stuur. Hy waardeer die fokus op droogteverwante ingrypings en projekte wat die provinsie se waterkrisis en damkapasiteit wil aanspreek. Hy is opgewonde oor sy visie oor verbeterde marktoegang en uitvoergeleenthede in Afrika en die ondersteuning aan opkomende produsente. "Dit sal nóg meer geleenthede vir die Wes-Kaap, wat reeds 'n groot uitvoerder van landbouprodukte is, skep."
IN SHORT
The Western Cape Department of Agriculture's 2020/2021 Budget of R970,556 million was tabled in the Western Cape Legislature on Thursday 19 March. It makes provision for agricultural development, research and services, as well as drought relief.
- Vorige artikel: Wes-Kaap landboubegroting bykans R1 miljoen
- Verwante artikel: Nog R25 miljoen vir droogte
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'